Saturday, April 21, 2012

Eeufees


Baie dankie aan Karin van Nieuwholtz en Schalk Burger vir die wonder fotos. Stuurr asseblief nog baie, stories en ook die name van die mense.





Andre en Annemarie Oberholzer en dogter


 
Francois Augustyn


Ria Vos en Max Visser








Gert Smit


 
Rina en Petro Oberholzer en  Anita de Klerk
 
Abel Augustyn en vriende




HeilaEaston




Na die naweek se wonderlike kerk fees wat almal gehad het, is ek groen van jaloesie dat ek nie maar my suitcasie gepak het en ook VanWyksvlei toe is nie. 
Veral na gisteraand se Pasella op SABC2 wil ek net vir Andre Oberholzer dankie sê vir alles wat hulle gedoen het gedurende die dae wat Boetie en Donnie by Nana gekuier het.  Hulle kan nie ophou praat en vertel hoe lekker die etery en geselskap was nie.

Kom ons maak weer so ‘n fees en nooi meer mense!!!


Met liefde en trane, Charline Hewett





Die Eeufees het my stoutste verwagtinge oortref! Dit was `n baie spesiale ervaring vir my. Ek kon nie glo die hoeveelheid mense wat die die moeite gedoen het om by te woon nie. Om dan nie te praat van die die puik reëlings, die goeie kos en die lekker gesels nie. Dit is merkwaardig wat die die klompie Vanwykvleiers vermag het. Wys maar net weer van watter stoffasie hulle gemaak is! Vir diegene wat dit nie kon bywoon nie wil ek net sê dat julle iets besonders gemis het!

Baie dankie aan Chris en Leonora Pieters wat ons op Leeukolk gehuisves het. Dit het vir Elgru laat terug dink aan al die lekker tye wat sy saam met Marien daar deurgebring het. Baie dankie ook aan Rina Van Wyk dat sy my my pa se grafitti op Springbokoog gaan wys het.  

Beste wense en dankie aan die Vanwyksvleiers.

Schalk (Naauwte) Burger





Ek was daar by die eeufees en voorwaar ‘n groot sukses, ek is Karin van Nieuwholtz, dogter van Francois en Mara Augustyn, kleindogter van wyle Jan en Anna Augustyn van Moreson.  Ek heg vir jou n paar fotos aan rondom die verrigtinge van die naweek.

Groete Karin




Die Paasnaweek op Vanwyksvlei was iets besonders. Soveel moeite is gedoen deur almal daar. Dit was iets besonders. Soveel van praat en eet kan net deur mense wat omgee, gedoen word. Ek, Boetie, Maureen, Donnie en Leona het baie lekker by Nana gekuier. Vanaf Vrydag was die hartelikheid wat beleef was goed vir die gees. Vrydagaand se nagmaal, Saterdag se basaar en die heerlike Karoolam vir braaivleis, Saterdagaand se 'steakete'. Alles was net lekker. Sondag het ds. Fransie Human 'n besondere feesdiens gehou. Wat 'n voorreg om die getuienis van Matie le Roux te kon hoor. Sondagmiddag was die kerrie-aval uit die boonste rakke. Sondagaand wou ons nie meer eet nie maar die samesyn het ons gedwing om weer bymekaar te kom. 

Dit was heerlik om ou bekendes weer raak te loop. Dankie aan die kerkraad, Francois Augustyn, André Oberholzer ...... nou wil nie meer name noem nie. Die jong vroue en hul manne het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Dankie, dankie, dankie. Die wat uitgemis het sal vir ewig spyt kan wees.

Johan Joubert.    




Staande, Anriette Luttig, Ogies Sittende. Max Visser, Kotie van Schalkwyk, Ds Fransie Human, Gert Smit, Doupie Oberholzer.